Share This Post

ANA’s gaan voort!

ANA’s gaan voort!

Pretoria – Die departement van basiese onderwys het aangekondig dat die jaarlikse nasionale assesserings (ANA’s) in Desember geskryf sal word.

Die media is ingelig oor die besluit wat op Donderdag deur die Raad van Onderwysministers (CEM) geneem is. Minister Angie Motshekga het gesê die raad was van mening dat die skryf van die toetse in Desember in die beste belang van die leerders sal wees.

“Ons het al die ontwikkelings rondom die saak oorweeg en tot ‘n gevolgtrekking gekom dat die ANA’s hierdie jaar geskryf sal word. CEM het besluit dat die assesserings van die 1ste tot die 4de Desember 2015 geskryf sal word,” het die sy Vrydag gesê.

Die minister het gesê al die provinsies het aangedui dat hulle in staat sal wees om voort met die ANA’s te gaan.

“Alle LUR’e (vir onderwys) het ook die vertroue uitgespreek dat hulle gereed is om die toetse af te lê”

Die toetsreeks is aanvanklik uitgestel tot Februarie volgende jaar na onderwysvakbonde daaroor gekla het.

Die vakbonde het gesê dat daar nie genoeg tyd vir verbeteringstrategieë gegee word voordat leerders weer geassesseer word nie.

Minister Motshekga het tydens die skakeling met die vakbonde verduidelik dat hulle besluit het om die assesserings vir ‘n tydperk van 90 dae uit te stel.

Sy het bevestig dat baie van die kommer van vakbonde geldig is, maar het haar teleurstelling en kommer uitgespreek oor die optrede van onderwysvakbonde in wat sy as ‘n ‘klaarblyklike poging om die ANA-program vir die huidige jaar te ondermyn’ bestempel.

Motshekga het gesê dat assesserings ‘n belangrike diagnostiese hulpmiddel is wat ondoeltreffendheid in effektiewe onderrig ontbloot.

‘n Taakspan is aangestel om griewe van vakbonde te ondersoek.

Bron: sanews.gov

Share This Post

9 Comments

  1. Die vraag is nou..wie gaan verwag word om die ANA te merk so laat in die jaar. Daardie tyd word gebruik deur onderwyser om vir die volgende jaar te beplan. Vir somige onderwysers is dit al tyd wat hul het aangesien kinders dan nie by skole teenwoordog is nie. ‘N probleem wat ons egter met ANA ervaar is dat die kinders dit glad nie ernstig opvat nie omdat dit geen deel van hul jaar se punte uitmaak nie en sodoende geen moeite doen met die voltoiing daarvan of voorbereiding daarvoor nie,dit sal dan die jaar baie erger wees omdat kinders alreeds op ‘vakansie mode’sal wees . Dus behaal leerders slegte punte, defnitief nie waartoe hulle werklik in staat is nie. Daarom voel ek dat ANA nie werklik hul doel bereik nie. Daardie punte kan dan ook nie gesien word as ‘n refleksie van ‘n onderwyser se onderrig vermoë nie omdat daar faktore betrokke is waaroor ons as onderwysers geen beheer het nie.

    Reply
  2. Ek wonder net wie dink hulle gaan dan hierdie vraestelle merk!

    Reply
  3. Wat gebeur met die skole wat aangewys is om as merksentrums te dien. Daardie skole het dan reeds gesluit en is daar al begin om die Gr12 vreastelle te merk? Ai hulle sê bou die nasie maar hoe bou ons met hierdie soort van breinkrag?

    Reply
  4. Ongeag wanneer ANA geskryf word, die probleem wat dit uitlig is jaar in en jaar uit dieselfde. Tog word daar niks aan gedoen nie. Watter tipe ondersteuning kry opvoeders?

    Reply
  5. Mense die anas gaan nie geskryf word met volle aandag nie want meeste kinders is alreeds klaar met eksamen en dan gaan hulle nie weer leer vir anas nie en onderwysers is moeg en wil ook net klaar kry met die merk werk neem almal se behoeftes in ag

    Reply
  6. Hierdie “kite” gaan nie vlieg nie. Daar is nie ‘n manier wat jy kinders gaan kry om dit te kom skryf nie. Rapporte is amper reeds in die proses van druk, sommige gesinne is reeds met vakansie. Wie gaan dit merk? Dit is administratiewe tyd by skole met blou lêers en beplanning vir die volgende jaar. Ag nee regtig, moet ons altyd gewillig aan ‘n toutjie soos ‘n marionet gemanipuleer word? Distrik D2 het ‘n ANA geskryf. Op die einde van die dag is dit die skole wat dit nie nodig het nie wat soos parate Petra alle opdragte uitvoer.

    Reply
  7. Ons skool is reeds gesluit en gaan definitief nie ons kalender verander nie. Ons sal dus nie die toetse aflê nie. Ons was gereed om in September te skryf en was nie verantwoordelik vir die uitstel nie.

    Reply
  8. Belaglik… Ons skool dan reeds ń merksentrum en ek by die see… Arme onderwysers wat dit dan moet merk.. Sien geen doel daarmee… Wat het NOU verander..

    Reply
  9. Ek blameer die provinsiale departemente. Ons distrik is treurig! Ons sou dan nie eers Engels huistaal vraestelle gekry het nie (vir September). Afrikaans het ons nog NOOIT gekry nie. Die organisasie daaraan verbonde is tydrowend blykbaar nie tydrowend genoeg nie! Die terugvoer sloer altyd en dit is waarby dit bly. Geen plan van aksie. Elke jaar hoor ons kinders kan nie Wiskunde doen nie, kan nie lees of skryf. Regtig? Dis die vrug van UGO onderwys dit werk nie maar ag wat kom ons skryf nog bietjie ANA’s en blameer ander vir die gemors waarin die hele departement hom bevind. ANA is ñ paper palace wat niemand weet wat om mee te maak nie.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.