Author: Teacha!

Plakkate vir die laerskoolklaskamer

Hierdie plakkate is só oulik! Dis meestal vir die grondslagfase, maar daar is baie wat jy ook in jou intersen klaskamer kan gebruik. Ons wys natuurlik net die Afrikaanse Hulpmiddels, maar daar is ook baie van dieselfde temas wat in Engels beskikbaar is.

Oulike drukbare werkboekies

Oulike werkboekies vir die grondslag- en intermediêre fase. Hier is ‘n paar oulike werkboekie wat op ons webtuiste gelaai is. Dis natuurlik meestal vir die grondslagfase, maar hier en daar is daar werkboeke vir die intermediêre fase. Dit is alles drukbare hulpmiddels, so jy koop een en dan mag jy dit vir jou hele klas afrol. Juffrou 911 se werkboeke GRAAD 1 AFRIKAANS WERKBOEK – KWARTAA...

Gladdebek – Hulpmiddels vir taalonnies

Gladdebek se leuse is ‘Want praat is lekker’. Taalvaardighede is die hoofbestanddeel van ‘n suksesvolle skoolloopbaan. Gladdebek se hooffokus is die Huistaal- en Eerste Addisionele Taal-leerder in graad 10-12. Hierdie leerders moet met selfvertroue kan praat, luister, skryf en lees. Al Gladdebek se hulpgidse word noukeurig volgens die KABV en Departementele eksamenriglyne opgeste...

Ek kan – Gratis opvoedkundige video’s

Wat ‘n fantastiese inisiatief van Magda Ehlers! Hierdie video’s is gratis beskikbaar op YouTube en kan in jou klas gebruik word of deur ouers by die huis. Uitstekend! Ek kan fokus tot dusver op klanke en die letters van die alfabet, maar het ook ander video’s soos studiemetodes en Wiskunde-video’s wat handel oor deling en ook ander wat kinders leer om te tel. “Hierdie...

Graad 4 Hulpmiddels soos Werkkaarte, PowerPoints en Toetse!

Graad 4 is ‘n moeilike jaar vir die kleintjies. Dis ook wanneer hulle vir die eerste keer eksamen skryf. Mamma en Pappa gaan ook natuurlik bietjie mal en is altyd op soek na ekstra hulp vir hul kinders. Hierdie werkkaarte, PowerPoints en toetse is alles deur onderwysers self opgestel en kan gebruik word in jou klas of sommer vir hersiening by die huis. Wiskunde Graad 4 Wiskunde Toets – Kwart...

Grondslagfase-hulpmiddels!

Aandag onnies! Is jy moeg gesukkel? Almal weet dat om ‘n onderwyser te wees HARDE werk verg. Lesbeplanning, die opstel van werkkaarte, aktiwiteite, vraestelle, memorandums, ens. neem die meeste van ons kosbare tyd op selfs nog voordat jy eens ‘n voet in die klaskamer gesit het.   Ons poog dus om u werk makliker en minder te maak deur voorafsaamgestelde aktiwiteite, toetse, werkkaarte ens. tot u be...

Wees gereed met My Klaskamer – Juffer se winkel

Dis die begin van ‘n nuwe skooljaar en daar is gewoonlik verskeie dae om tydens die skooljaar te vier. Indien jy ‘n veeltalige klaskamer het, kan jy ‘n drietalige een probeer (Engels, Afrikaans, isiXhosa). Kleurvolle dagprogramtydsgleufflitskaarte kan gebruik word om aspekte soos buitespel, peuseltyd, besprekingskring, ens. aan te dui, maar sluit ook naam- en rakkaartjies in 11 tema...

Kwaliteit werkboeke vir die Grondslagfase

Vrywaring: Hierdie inskrywing is geborg deur Depicta en het reeds op Onnies Online verskyn. Grondslagfase-onnies weet dat dit verskriklik baie moeite verg om werkboekies op te stel en te laat druk. Of om werkkaarte uit te werk en een vir een in ‘n boek te plak (wat somtyds in chaos ontaard!). Afrolwerk word ook al duurder en duurder. Hierdie uitstekende, gewilde werkboekies van Depicta is iets wat...

  • 1
  • 2