Share This Post

Onnies gee raad vir beginner-onnies

Onnies gee raad vir beginner-onnies

Ons was almal daar. En ons almal weet dat die eerste twee tot drie jaar werklik ‘n toets is! Darem was daar mense wat ons gehelp het om beter onnies te word en om nie te erg klei te trap nie. Ons het vir die onnies op Facebook gevra om hul mede-onnies te help. Hier is ‘n paar wenke saamgestel uit hul kommentaar!

Die jaar is nou my 2de jaar van skool gee en ek dink die beste raad wat ek het is moenie bang wees om vir hulp te vra, doen beplanning vooruit en moenie te hard wees op jouself nie-jy beteken meer vir daai kindertjies as wat jy besef. Sterkte aan al die nuwe onnies! Julle gaan okay wees! (Amy Ferreira)

Wees voorbereid. Aanvaar gesag, wees positief, voer opdragte deeglik uit, vra hulp as jy onseker is, geniet jou werk , moenie siekverlof misbruik, geniet die kinders en wat jy doen. (Brett Fredericks)

Onthou dat jy daar is om kinders te leer! Wees vriendelik en wees vriende met die kinders op ‘n profesionele vlak. Moet nie heeltyd “buddies” wil wees nie. Daar is ‘n tyd en plek vir alles. En die belangrikste is geniet onderwys. (Heleen van Rooyen)

Help jou leerders om goed te voel oor hullleself. Kweek die gewoonte om positiewe , aanmoedigende komentaar by werk te skryf. Identifiseer ongelukkige kinders of seer ongelukkige kinders of kinders met probleme en doen ekstra moeite met hulle. (Dalene Wright Laing)

Marina Naudé sê jy is ‘n celebrity, altyd in die kollig: Ek hou nou al 25 jaar plus,skool….. belangrike raad is: wees voorbereid elke dag, jy is ‘n professionele persoon-lyk en tree op soos een. Jy is NIE die kidz se buddie nie! Wees ferm en streng v dag een af. Daar is ‘n tyd om te werk en ‘n tyd om te lag en speel. ‘n Onnie is soos ‘n “celebrity” Jy word 24/7 dopgehou wat jy doen, hoe jy optree, wat jy sê ens. Of dit nou id klas of op die sportveld is – jy moet te alle tye ‘n navolgenswaardige voorbeeld stel. As jy hierdie wenke in gedagte hou kan jy net suksesvol wees. Sterkte!!!! Skoolhou is ‘n fees.

Pasop vir whatsapp groepe. Dit klink gerieflik en maklik maar die kinders verstaan nie van ‘na ure.’ nie. Rus ook… glo my ‘n middagslapie gaan belangrik wees. Moenie bang wees om by ouer meer gesoute onnies te leer nie. Ons was ook beginners… ek leer nog steeds. (Leonie Strydom)

Hê jou kinders onvoorwaardelik lief, hulle het nie gevra vir die omstandighede waarin hulle is nie en maak dit lekker vir hulle om skool toe te kom. Maak skool FUN. Aanvaar kritiek as opbouend en wend ‘n poging aan om wat jou vakadviseur sê, te implementeer. (Madelein Matthee)

Dis my 3de jr. Wees voorbereid, leerders kan gou iets oplet. Werk kollegas bly werk kollegas en nie huisvriende nie. Vra as jy nie weet. Om n onderwyser te wees leer ons elke dag iets by iemand. Moet nooit agter raak met admin nie. Soos take in kom, begin merk moenie laat dit ophoop nie. Laastens – hou boek van als, daar gaan down moments wees maar ook wow moments. Geniet elke oomblik. (Hen-Line Titus)

Wees altyd konsekwent en hanteer gesag en dissipline vanaf die eerste dag tot die heel laaste dag presies dieselfde en moenie probeer gewild wees ten koste van jou klasdissilpine nie. Sterkte. (Pieter Ruthven)

Ek het die raad by ‘n baie ervare kollega gekry: ouers en leerders is nie jou vriende nie…wees vriendelik, hoflik en behulpsaam sonder om té gemaklik te raak. (Hettie Smit)

2016 is my vierde jaar as onderwyser. Van my kant af leer ek baie by ander onnies op die internet. Ek stel voor dat jy by ‘n groep op Facebook aansluit soos “Onderwysers!” Daar is ook vakspesifieke groepe soos “Afrikaans Huistaal en EAT”. Mense huiwer regtig nie om te help nie. Onthou net dat dit okay is om om hulp te vra, maar dat jy nie altyd daarop kan staatmaak nie. As ‘n goeie onnie moet jy deursettingsvermoë hê, jy moet goed georganiseerd wees en kreatief wees (dit kan aangeleer word!).

Iets anders wat ek ook (op die harde manier) moes geleer het is om nie te veel aan te vat aan die begin nie. Skole dink soms nuwe onnies is superhumans wat nie nodig het om te slaap nie. Daardie oulike idee van ‘n nuwe skoolkoerant, om vir die biblioteek ‘n nuwe baadjie aan te trek en na-uurse goedjies kan wag; jy gaan mos nie net vir een jaar ‘n onnie wees nie. Word eerder eerste ‘n ekspert op jou eie vakgebied en onderrig op ‘n kreatiewe manier waar jy kinders die geleentheid gee om te dink eerder as om net heeldag na jou te sit en luister. Hulle sal dan sommer ‘soeter’ ook wees!

Loer natuurlik ook in op Onnies Online en sluit by ons nuusbrief aan. Hierdie jaar gaan ek meer fokus op Tegnologie in die klaskamer en kreatiewe onderrigmetodes. Ek hoop dat dit ook sal help! (Jean Vermeulen)

ONLANGSE ARTIKELS

Onderwysposte

Oulike Afrikaanse hulpmiddels

Ou vraestelle op die internet

Share This Post

1 Comment

  1. As jy begin sal van die ouer onderwysers jou laat weet dat jy vrymoedig moet voel om na hul te kom as jy probleme het in die klas. Baie van hulle gee goeie raad en sal help, maar dit is beter om die dissipline in jou klas self te vestig en te handhaaf. Van die kinders en ander opvoeders verloor gou respek vir jou as jy volgens hul te maklik vir hulp vra (al het jy ‘n moeilike groep). Geskrewe bewyse van alles wat jy gedoen het en van voorvalle is baie belangrik. Daar is ‘n verskil tussen ongeskik wees en vriendelik wees. Wees bewus wat albei is en moet nie jou vriendelikheid goedkoop maak nie.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.