Share This Post

Wiskunde-onnies moet toetse skryf

Wiskunde-onnies moet toetse skryf

Die afgelope week het verskeie bronne berig dat onderwysers, meer spesifiek Wiskunde-onderwysers van graad 3, 6 en 9, die JNA toetse sal moet skryf wat hul leerders skryf.

Volgens die Minister, Angie Motshekga, sal onderwysers nie te gou hierdie toetse hoef te skryf nie. Dit sal natuurlik eers deur vakbonde goedgekeur moet word soos SADOU. Met SADOU se reputasie sal dit ook heel waarskynlik nie binnekort gebeur nie.

Die toetse sal ook net vir navorsingsdoeleindes gebruik word en onderwysers sal nie daarvolgens gemeet word nie. Omdat hierdie toetse net vir hierdie doeleindes gebruik sal word, wonder ons wat die punt daarvan sal wees. Gaan dit nie tog net op die ou end ander navorsing ondersteun wat dui daarop dat baie van ons onderwysers swak toegerus is nie? ‘n Onderwyser wat 100% kry vir ‘n graad 3 toets beteken tog ook nie dat daardie onderwyser die vaardighede het om dit optimaal oor te dra aan leerders nie?

Wat dink julle?

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.